As jy ’n volbloed Suid-Afrikaner is, dan weet ons jy weet wie hy is! As jy ’n lojale
Springbokondersteuner is, dan weet jy dat hy een van die beste loskopstutte is wat die
rugbywêreld nog ooit gesien het. Hy het nie net een nie, maar twee Wêreldbekermedaljes
gewen en het nou by die Kubota-span aangesluit.
Kubota Suid-Afrika is opgewonde en trots om aan te kondig dat Os du Randt nou ons span se handelsmerkambassadeur is. “Dit was vir ons ’n maklike besluit. Os het nie net die hoogste sport behaal waarvan
enige sportman kan droom nie – hy is boonop ‘n boer! Ons was bevoorreg om hom vroeër vanjaar as gas by ons handelaarskonferensie te hê, waar hy die Kubotaspan eerstehands kon ervaar en meer oor die handelsmerk en ons toekomsplanne kon leer,” sê Dennis van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder by Kubota Suid-Afrika. “Die impak wat hy op die span gehad het en sy blote teenwoordigheid het vanself gespreek. Ons het onmiddellik die bal aan die rol gesit om Os as ‘n spanlid aan boord te bring. Hoewel hy hoog aangeslaan word vir sy rugbyprestasies (wat beslis ‘n faktor in ons besluitneming was), is dit sy kennis van en agtergrond in boerdery wat ons werklik oortuig het dat daar sinergie tussen ons en Os is wat hierdie vennootskap kan laat werk,” voeg Dennis by. “Kubota is ’n wêreldbekende handelsmerk in die landbousektor asook in ander bedrywe, soos die konstruksiesektor. Dit is ’n handelsmerk wat ek ken en vir jare al mee werk. Toe Dennis en die span my genooi het om by hulle handelaarskonferensie aan te sluit om ’n motiveringspraatjie te doen, was ek dadelik beïndruk met die spangees en kameraadskap tussen die Kubota-span en sy handelaars. Net soos in die sportwêreld is dit iets wat beslis nie in die sakewêreld onderskat moet word nie,” sê Os.


Maak ’n Kaapse draai!
“Ek is opgewonde om deel van die Kubota-span te wees en sien daarna uit om hulle te help om die handelsmerk in die plaaslike markte en in Afrika te laat groei,” sluit hy af. “Dit is ’n fantastiese geleentheid vir ons as Kubota en ons is trots en opgewonde dat Os besluit het om by ons aan te sluit. Ons sien uit daarna om saam met hom te werk om ons handelsmerk uit te brei,” sluit Dennis af.
Kom besoek ons in September by NAMPO Kaap waar Os by ons sal aansluit. Hou ook die pers dop vir ander toekomstige Kubota-handelsmerkaktiwiteite saam met Os. Hou ons sosiale media en webwerwe dop en kom maak ’n draai wanneer ons in jou kontrei is.